‘n Kosbare Kosmosdag

by | Mar 25, 2015 | Blog, Dedications | 1 comment

Deur Brenda Van Dyk

Vorentoe. Hierdie mooi woord met soveel verskillende betekenisse rol soms moeiteloos en maklik, en met mooiste mooi herinneringe oor ons tonge, maar dit hak ook soms soos onwelkome knapsekêrels vas aan ons almal hier teenwoordig se gedagtes. Gedagtes  wat flits deur die 80’s. Dit was die jare van groot hare, groot skouerkussings en Jennifer Rush se musiek het rekords laat spat. Ons almal het hartstogtelik met ons tienerdrome en tienerharte haar lirieke beter geken as wat ons ooit Macbeth se “boilingpot” en Ross se karakterontwikkeling wou ontleed. Ons was tieners wat voluit geleef het vir ons volwasse lewe wat wag… Maar, dit was verál die noodlot van 27 Maart 1985 wat vir altyd onthou sal word as Vorentoe se Busramp… want ons het nie vergeet nie. Dis nou 30 jaar later en ons almal onthou steeds met die fynste detail en besonderhede daardie middag in Westdene, die dag voor die skool sou sluit vir die Paasvakansie. Ons het nie ons busrampvriende of familie vergeet nie. Ons onthou julle in elke groot ding wat met ons gebeur, en ook wanneer klein dingetjies gebeur. Ons praat van julle tussen vriende en ook met ons eie kinders. Julle leef in ons harte en gedagtes. Ons onthou julle in die mooi (kosmosse wat hierdie tyd van die jaar in Suid Afrika blom) maar ook in die bitterste moeilike dinge (soos die geluid van noodvoertuie se skril sirenes wat deur ons menswees & busrampherinneringe sny sonder enige vooraf waarskuwing. Ons skrik daarvoor want dit was deel van daardie dag se seerkry en onthou… En ja, die helikopters se wakende oog en klipharde tiktiktik, tiktiktik – geluid van die roterende lemme uit die lug… dis alles deel van die herinneringe wat vlak én diep in ons harte lê. Dit skaaf soms ons harte rou wanneer ons binne sekondes alles van vooraf onthou…

Closure is iets wat elkeen op sy eie tyd en eie manier kry. Sommige Vories vermy die onderwerp. Sommige Vories praat vrylik en sonder skroom oor die busramp. Irrelevant die manier waarop ons die seer van daardie dag by die dam onthou, is my wens vir elke persoon vandag dat ons met Vrede sal Vorentoe kyk. Dat ons met bewonderende liefde vir ons maats sal terugdink en verlang, en dat ons hierdie spesiale saamwees van besondere mense vir die volgende 30 jaar sal koester met slegs die allermooiste herinneringe van Vorie vriende en Vorie familie.

Vir my sal dit altyd ‘n kosbare kosmosdag wees…

Tot ons weer ontmoet. Kom ons kyk met liefde & vrede Vorentoe…

Liefdegroete en allermooiste wense.

Brenda.

1 Comment

  1. Olivia Liddle

    Ek was toe maar net so oor die drumpel van 15. Ek sal hierdie seker tot die dag wat ek my kop neerle nooit vergeet nie. Ek self was nie betrokke, ook geen van my familie of hulle vriende. Ekt daai jare in die platteland, Standerton, gewoon toe die nuus oor die radio’s kom. Ouma het gevul met emosies telefoon toe gehardloop en ek kon in haar stem hoor daars groot fout. Sy het uitgevra oor niggies en nefies en die gehoorstuk neergesit met trane wat oor haar wange rol. Ekt regtig gedink iemand is dood en verlig het sy die tiental van ons omvou en in engels gebid “God please put your hand on each and every person there today”. Was eers n dag of wat daarna toe die nuus ons skool deur begin draf het. Ek het nog altyd n groot liefde vir ‘n Kosmos gehad en maande daarna het iemand saam my gestem en gese dis die mooiste blom op aarde en dit word so genoem want dit kos mos niks. Eers in my groot mens lewe hier in die stad het ek die werklik betekenis van daardie woorde besef en soos ons ouma’s en oupa’s altyd gese het Liewe Jesus pluk altyd eerste die mooiste blomme….’n Kosmos spesiaal net vir jou. Dankie dat ek my Kosmos storie met elkeen hier kon deel en 30 jaar later sit ek met gevulde emosies en trane wat rol soos ek die stories oplees en alles onthou.
    Olivia

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Boodskap van Lucas C Viljoen, voormalige Hoof, Vorentoe Hoërskool, Apr 1987 tot Des 2004 Welaan Vriende, Op Saterdag 28 Maart word die 30e huldigingsdiens gehou vir die 42 kinders wat in die ramp omgekom het. Ek het eers 2 jaar na die ramp by Vorentoe begin.  Die...

Poem – The Westdene Bus Disaster 1985

By Jenny Santiago (nee Mower)   It was the morning of the 27th of March 1985. Me a 14 year old girl, with hopes, dreams feeling so alive. The day was as any school day would be to me and you. Home time quarter to two   Busses waiting outside the main gate...

Vir die wat agter gelaat is

Vir die wat agter gelaat is

Betsie, ons het nie woorde om te beskryf hoeveel hartseer daai dag gebring het, en die impak wat dit gehad het op ons lewens nie – Pappa, Mamma, Chris, Marinda & Susan. Ek en Chris vind berusting vandag in die feit om te weet dat vandag is jy saam met Mamma, Pappa...

Stillewe

deur Andries Bezuidenhout, ter nagedagtenis, 27 Maart 1985   Stillewe Sluk elke buurt só swaar aan roem wat wrang verteer wanneer fotograwe hul lense elders wend, wanneer joernaliste vingers lek om notaboeke om te blaai, as naasbestaandes rame oopmaak vir plek om...

What happened to William Horne?

What happened to William Horne?

There are many conflicting reports of what happened to William (Willem Philip) Horne after the accident. The most recent information available, although this has not been verified as true, is that an article about him was published in the Sondag newspaper in 2008. The...

As jou siel skeur

As jou siel skeur

deur Trix Tromp, vir Connie van der Westhuizen 29 Jaar gelede op 27 Maart om en by half 3 die middag; was ek 'n 1ste jaar verpleegster by JG Strijdom hospitaal. Ek was net reg om agter die gordyne in te glip om 'n verband te vervang in saal 21. 'N ander student het...

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

As oorlewende van die Westdene Busramp, was dit vir my, op die stadium van my lewe, n groot eer om deur Hennie genader te word om die Stadsraad te assisteer om mense in kennis te stel en reelings te tref vir die dag. Dit was amper n “ietsie” wat mens kon teruggee, n...

Onthou

Onthou

Hierdie gedig is geskryf deur Eurika (de Koker) du Plessis. Eurika is deur haar broer, Theo de Koker, van verdrinking gered. Theo het die Wolraad Woltemade toekenning ontvang as erkenning van sy heldedaad. Onthou Hoe beskryf ek die pyn, wat nooit uit my hart verdwyn,...

Translate »