Paastyd – Hoërskool Vorentoe

by | Mar 25, 2015 | Blog, Dedications | 1 comment

Boodskap van Lucas C Viljoen, voormalige Hoof, Vorentoe Hoërskool, Apr 1987 tot Des 2004

Welaan Vriende,

Op Saterdag 28 Maart word die 30e huldigingsdiens gehou vir die 42 kinders wat in die ramp omgekom het.

Ek het eers 2 jaar na die ramp by Vorentoe begin.  Die emosies was toe nog rou.  Sitplekke is in die klaskamers oopgehou , want dit was of Riaan s’n, André s’n, of Reinette s’n.  42 skoolbankies  wat oopgehou is vir die afgestorwendes wat altyd daar gesit het… Die hele skool deur.

Nou hoekom deel ek dit met julle?

Ek het een groot waarheid geleer:

Ons, as mens, kan die kwaliteit van ons lewe bepaal, ons welvaart, ons vriendekring, ons vakansies, ons eie geluk, maar nóóit óóit die lengte van ons lewe nie!

Dit is in die Hande van Ons Hemelse Vader.

Dit is my bede vandag dat ons hierdie gróót waarheid moet besef en dat ons  met dankbaarheid en erkentlikheid teenoor ons Hemelse Vader moet lewe met die wete dat ons nog steeds in God se Raadsplan teenwoordig is en dat Hy 42 kinders opgeroep het om vir my en vir jou die waarheid van die lewe te laat onthou.

As ons terugdink aan die ramp moet ons ook kan bid soos die Seun van God; Laat U wil geskied.

Elize Venter, een van die oorlewendes wat self in die bus was, het ‘n webblad www.westdene1985.co.za geplaas.

Blaai gerus daardeur en onthou om te onthou!

Ek sluit ‘n gedig oor die ramp, deur my stiefma, Anna Maria(du Toit) Viljoen hierby in:

 

Deur Anna Maria Viljoen (nee du Toit)

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Liewe Heer

Meedoënloos het die dood se sens

Gesny in groen koringlande.

Voor U deurboorde voete

Lê ons die kinderlyke neer

En berus ons in U alwyse raad.

Omvou hulle vir ons-

Regering, volk en land-

Met U deurboorde hande.

 

Liewe Here,

Aan die kruishout

Het U in groter smaad vir ons gehang.

Gebruik hulle dood

En veral U eie

Om ons wat nog lewe met sterker liefdesbande

Aanmekaar te bind.

 

U heilige naam ter ere.

 

1 Comment

  1. Dewald van Dyk

    Wat n pragtige gedig! Ja net God se Wil sal geskied, al is daar n miljoen dokters om m mens en Hy wil Sy blomme pluk sal Hy. Dit is n dag wat ek altyd sal onthou en dank ek my God vir die wat daardie dag terug gegee is aan ons en ook hoe Magtig Hy is. Ek dink terug aan n dag wat so swart was en my laat besef het, soms met seer en ook geluk wat n wonderlike God ons het al verstaan ons nie altyd nie.

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

“Twee-en-Veertig Kamerade” deur J.J. Heard

Twee-En-Veertig Kamerade Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer. Blombedekte graffies ry aan ry,Twee-en-veertig kameraadjies sy aan SY.Nog een oomblik gevul met lewensvreug.(dit is tog die erfdeel van die jeug) 'n Oomblik later deur troebel water...

“Die Busramp” deur Christine Herterich

Die Busramp Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer. Die klokkie lui by die Skool VorentoeDie kinders hardloop na die bushalte toeDaar word gelag en gesels, die vakansie is hierDie kinders so vrolik, die tyd vir plesier Die bus trek weg, dis huis...

Chantal Parkin interview with City News, Joburg Today

Today, 33 years ago, 42 children lost their lives after a school bus swerved into the Westdene Dam. Chantal Parkin, one of the Westdene Bus Disaster survivor’s, joins City News in the studio to talk about this day.

Huldeblyk aan die Westdene Busramp

Deur H H Thiart Die eerste kwartaal is reeds verby, nou gaan ons weer ‘n blaaskans kry. Al die kinders is opgewek dis op almal se lippe, in elke gesprek. Volgende week sal die skole sluit, van skoolwerk dan geen duit.   Woensdag, sewe-en-twintig Maart afgemerk op...

Elmien Wood (nee Bellingan) onthou

Boodskap van Elmien Wood (nee Bellingan). Elmien se broer Anton Bellingan het die bus ramp oorleef. 30 jaar voel soos ‘n  druppel in die emmer. Wie sou kon dink dat op daardie Woensdag in 1985 so baie mense se lewens vir altyd verander sou word. "Totsiens sien...

Ons sien jou in die aandstons

Ons sien jou in die aandstons

Deur Chantal Steyn (nee Viljoen) aan haar vriendin Adriana Horn Om te dink dit is al so lank gelede En jy is nog steeds in ons gebede Die mooiste glimlag wat daar was Is alles nog in ons geheue vas Vir Chantal was dit haar beste vriendin Om hul te skei was baie min By...

In Herdenking aan my Suster

In Herdenking aan my Suster

Maritza van Niekerk aan: Adré Kleinhans 10.03.1968 – 27.03.1985 Van My Aan Jou Ek was maar 3 jaar oud en jy pas 17, net 17 dae voor die vreeslike dag. Jou hele lewe wat voorle soos 'n leë dagboek wat jy elke dag in skryf. Jy het my lief gehad soos 'n ma en het alles...