Paastyd – Hoërskool Vorentoe

by | Mar 25, 2015 | Blog, Dedications | 1 comment

Boodskap van Lucas C Viljoen, voormalige Hoof, Vorentoe Hoërskool, Apr 1987 tot Des 2004

Welaan Vriende,

Op Saterdag 28 Maart word die 30e huldigingsdiens gehou vir die 42 kinders wat in die ramp omgekom het.

Ek het eers 2 jaar na die ramp by Vorentoe begin.  Die emosies was toe nog rou.  Sitplekke is in die klaskamers oopgehou , want dit was of Riaan s’n, André s’n, of Reinette s’n.  42 skoolbankies  wat oopgehou is vir die afgestorwendes wat altyd daar gesit het… Die hele skool deur.

Nou hoekom deel ek dit met julle?

Ek het een groot waarheid geleer:

Ons, as mens, kan die kwaliteit van ons lewe bepaal, ons welvaart, ons vriendekring, ons vakansies, ons eie geluk, maar nóóit óóit die lengte van ons lewe nie!

Dit is in die Hande van Ons Hemelse Vader.

Dit is my bede vandag dat ons hierdie gróót waarheid moet besef en dat ons  met dankbaarheid en erkentlikheid teenoor ons Hemelse Vader moet lewe met die wete dat ons nog steeds in God se Raadsplan teenwoordig is en dat Hy 42 kinders opgeroep het om vir my en vir jou die waarheid van die lewe te laat onthou.

As ons terugdink aan die ramp moet ons ook kan bid soos die Seun van God; Laat U wil geskied.

Elize Venter, een van die oorlewendes wat self in die bus was, het ‘n webblad www.westdene1985.co.za geplaas.

Blaai gerus daardeur en onthou om te onthou!

Ek sluit ‘n gedig oor die ramp, deur my stiefma, Anna Maria(du Toit) Viljoen hierby in:

 

Deur Anna Maria Viljoen (nee du Toit)

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Liewe Heer

Meedoënloos het die dood se sens

Gesny in groen koringlande.

Voor U deurboorde voete

Lê ons die kinderlyke neer

En berus ons in U alwyse raad.

Omvou hulle vir ons-

Regering, volk en land-

Met U deurboorde hande.

 

Liewe Here,

Aan die kruishout

Het U in groter smaad vir ons gehang.

Gebruik hulle dood

En veral U eie

Om ons wat nog lewe met sterker liefdesbande

Aanmekaar te bind.

 

U heilige naam ter ere.

 

1 Comment

  1. Dewald van Dyk

    Wat n pragtige gedig! Ja net God se Wil sal geskied, al is daar n miljoen dokters om m mens en Hy wil Sy blomme pluk sal Hy. Dit is n dag wat ek altyd sal onthou en dank ek my God vir die wat daardie dag terug gegee is aan ons en ook hoe Magtig Hy is. Ek dink terug aan n dag wat so swart was en my laat besef het, soms met seer en ook geluk wat n wonderlike God ons het al verstaan ons nie altyd nie.

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

‘n Kosbare Kosmosdag

‘n Kosbare Kosmosdag

Deur Brenda Van Dyk Vorentoe. Hierdie mooi woord met soveel verskillende betekenisse rol soms moeiteloos en maklik, en met mooiste mooi herinneringe oor ons tonge, maar dit hak ook soms soos onwelkome knapsekêrels vas aan ons almal hier teenwoordig se gedagtes....

Poem – The Westdene Bus Disaster 1985

By Jenny Santiago (nee Mower)   It was the morning of the 27th of March 1985. Me a 14 year old girl, with hopes, dreams feeling so alive. The day was as any school day would be to me and you. Home time quarter to two   Busses waiting outside the main gate...

Vir die wat agter gelaat is

Vir die wat agter gelaat is

Betsie, ons het nie woorde om te beskryf hoeveel hartseer daai dag gebring het, en die impak wat dit gehad het op ons lewens nie – Pappa, Mamma, Chris, Marinda & Susan. Ek en Chris vind berusting vandag in die feit om te weet dat vandag is jy saam met Mamma, Pappa...

Stillewe

deur Andries Bezuidenhout, ter nagedagtenis, 27 Maart 1985   Stillewe Sluk elke buurt só swaar aan roem wat wrang verteer wanneer fotograwe hul lense elders wend, wanneer joernaliste vingers lek om notaboeke om te blaai, as naasbestaandes rame oopmaak vir plek om...

What happened to William Horne?

What happened to William Horne?

There are many conflicting reports of what happened to William (Willem Philip) Horne after the accident. The most recent information available, although this has not been verified as true, is that an article about him was published in the Sondag newspaper in 2008. The...

As jou siel skeur

As jou siel skeur

deur Trix Tromp, vir Connie van der Westhuizen 29 Jaar gelede op 27 Maart om en by half 3 die middag; was ek 'n 1ste jaar verpleegster by JG Strijdom hospitaal. Ek was net reg om agter die gordyne in te glip om 'n verband te vervang in saal 21. 'N ander student het...

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

As oorlewende van die Westdene Busramp, was dit vir my, op die stadium van my lewe, n groot eer om deur Hennie genader te word om die Stadsraad te assisteer om mense in kennis te stel en reelings te tref vir die dag. Dit was amper n “ietsie” wat mens kon teruggee, n...

Onthou

Onthou

Hierdie gedig is geskryf deur Eurika (de Koker) du Plessis. Eurika is deur haar broer, Theo de Koker, van verdrinking gered. Theo het die Wolraad Woltemade toekenning ontvang as erkenning van sy heldedaad. Onthou Hoe beskryf ek die pyn, wat nooit uit my hart verdwyn,...