Paastyd – Hoërskool Vorentoe

by | Mar 25, 2015 | Blog, Dedications | 1 comment

Boodskap van Lucas C Viljoen, voormalige Hoof, Vorentoe Hoërskool, Apr 1987 tot Des 2004

Welaan Vriende,

Op Saterdag 28 Maart word die 30e huldigingsdiens gehou vir die 42 kinders wat in die ramp omgekom het.

Ek het eers 2 jaar na die ramp by Vorentoe begin.  Die emosies was toe nog rou.  Sitplekke is in die klaskamers oopgehou , want dit was of Riaan s’n, André s’n, of Reinette s’n.  42 skoolbankies  wat oopgehou is vir die afgestorwendes wat altyd daar gesit het… Die hele skool deur.

Nou hoekom deel ek dit met julle?

Ek het een groot waarheid geleer:

Ons, as mens, kan die kwaliteit van ons lewe bepaal, ons welvaart, ons vriendekring, ons vakansies, ons eie geluk, maar nóóit óóit die lengte van ons lewe nie!

Dit is in die Hande van Ons Hemelse Vader.

Dit is my bede vandag dat ons hierdie gróót waarheid moet besef en dat ons  met dankbaarheid en erkentlikheid teenoor ons Hemelse Vader moet lewe met die wete dat ons nog steeds in God se Raadsplan teenwoordig is en dat Hy 42 kinders opgeroep het om vir my en vir jou die waarheid van die lewe te laat onthou.

As ons terugdink aan die ramp moet ons ook kan bid soos die Seun van God; Laat U wil geskied.

Elize Venter, een van die oorlewendes wat self in die bus was, het ‘n webblad www.westdene1985.co.za geplaas.

Blaai gerus daardeur en onthou om te onthou!

Ek sluit ‘n gedig oor die ramp, deur my stiefma, Anna Maria(du Toit) Viljoen hierby in:

 

Deur Anna Maria Viljoen (nee du Toit)

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Liewe Heer

Meedoënloos het die dood se sens

Gesny in groen koringlande.

Voor U deurboorde voete

Lê ons die kinderlyke neer

En berus ons in U alwyse raad.

Omvou hulle vir ons-

Regering, volk en land-

Met U deurboorde hande.

 

Liewe Here,

Aan die kruishout

Het U in groter smaad vir ons gehang.

Gebruik hulle dood

En veral U eie

Om ons wat nog lewe met sterker liefdesbande

Aanmekaar te bind.

 

U heilige naam ter ere.

 

1 Comment

  1. Dewald van Dyk

    Wat n pragtige gedig! Ja net God se Wil sal geskied, al is daar n miljoen dokters om m mens en Hy wil Sy blomme pluk sal Hy. Dit is n dag wat ek altyd sal onthou en dank ek my God vir die wat daardie dag terug gegee is aan ons en ook hoe Magtig Hy is. Ek dink terug aan n dag wat so swart was en my laat besef het, soms met seer en ook geluk wat n wonderlike God ons het al verstaan ons nie altyd nie.

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Victims of Westdene Dam bus tragedy honoured

Victims of Westdene Dam bus tragedy honoured

Survivors of the 1985 Westdene Dam bus disaster, families of the victims and several dignitaries gathered at the scene of the crash at the weekend to honour the memories of the 42 schoolchildren who died tragically when their school bus plunged into the dam. Read the...

Anel

Anel

Hierdie boodskap vir Anel Jacobs is ingestuur deur Elize Smith: Anel Ons het jou nooit vergeet Dit is nog net soveel leed Waar ons nou jou graf besoek Gaan daar soveel deur ons gemoed Wens so jy was nog in ons midde Maar ons sal mekaar weer ontmoet tussen Jesus se...

Westdene Kranslegging

Westdene Kranslegging

Kranslegging Seremonie 'n Kranslegging word beplan vir Jeugdag, 16 Junie 2013, om die slagoffers van die Westdene busramp van 1985 te herdenk. Ons moedig almal aan wat deur die ramp geraak is om die seremonie by te woon en die 42 kinders wat op 27 Maart 1985 hul...

Twee onthou Westdene-ramp

Beeld WesRand Talle mense het onlangs ’n kranslegging tydens die 27ste herdenking van die Westdene-busramp bygewoon. Twee van die oorlewendes, Elize Venter (42) van Radiokop, wes van Johannesburg, en Chantelle Parker (43), eienaar van ’n motorwerkswinkel in die suide...

Westdene-bus: ‘Rassis’ sê ’skuus

Beeld ’n Man wat op Facebook rassistiese opmerkings oor die Westdene-busramp gemaak het, het gister blomme op die grafte van die slagoffers gesit. “Ek is werklik jammer oor wat ek gesê het,” het Zama Khumalo (24) in die Wespark-begraafplaas in Johannesburg aan Elize...

Khumalo cleans graves of Westdene victims

Khumalo cleans graves of Westdene victims

Zama Khumalo, the man who recently insulted the family and friends of the 42 children who died in the Westdene bus disaster, today complied with a ruling of the SA Human Rights Commission (SAHRC) to clean the graves of the deceased children. The event was attended by...

Request for Interview with Survivors

This is a request we received in a comment on https://www.westdene1985.co.za/reports/the-survivors/#comment-506. If there is anyone out there willing to take part, the contact details are below. You can also read more on Welela Studios here: http://www.welela.tv This...

Public apology by Facebook “Racist” Zama Khumalo

Public apology by Facebook “Racist” Zama Khumalo

SAHRC facilitates, welcomes public apology by Facebook "Racist" Khumalo February 2013 Author : South African Human Rights Commission E-mail : URL    : http://www.sahrc.org.za The South African Human Rights Commission facilitated and welcomed the...

Facebook racist opens wounds

Facebook racist opens wounds

This photo appeared in a Times Live article entitled "Facebook racist opens wounds" by Andile Ndlovu, 06 February, 2013 00:19. It followed racist comments made on Facebook by Zama Khumalo. Read more. Download PDF version.

Ryan Tucker – 42

42 By Ryan Tucker Ryan, 16, lives in New South Wales, Australia.  Ryan's mother was a student at Vorentoe High School at the time and lost a friend in the disaster. Her recounting of the events and Ryan's own research on the disaster inspired him to write this poem....

Translate »