“Twee-en-Veertig Kamerade” deur J.J. Heard

by | Mar 3, 2024 | Blog, Dedications | 0 comments

Twee-En-Veertig Kamerade

Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer.

Blombedekte graffies ry aan ry,
Twee-en-veertig kameraadjies sy aan SY.
Nog een oomblik gevul met lewensvreug.
(dit is tog die erfdeel van die jeug)

‘n Oomblik later deur troebel water ingesluk,
kinders wreed uit ouerharte weggeruk.
Die gemeenskap staan verslae verstom,
Hoekom moes hul jong lewens aan ‘n einde kom?

Die hoekoms en die waaroms hou aan maal,
Hoekom het die Heer hul so vroeg kom haal?
Hul plekkies nou so onvulbaar leeg
Nooit meer huppelend rondbeweeg.

Maar die Heer het geneem en die Heer het gegee
Sy vertroostende Hand sal ook elke traan afvee
Hy het hul na Hom laat kom.
Ewig veilig nou by Hom.

J.J. Heard

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

‘n Kosbare Kosmosdag

‘n Kosbare Kosmosdag

Deur Brenda Van Dyk Vorentoe. Hierdie mooi woord met soveel verskillende betekenisse rol soms moeiteloos en maklik, en met mooiste mooi herinneringe oor ons tonge, maar dit hak ook soms soos onwelkome knapsekêrels vas aan ons almal hier teenwoordig se gedagtes....

Poem – The Westdene Bus Disaster 1985

By Jenny Santiago (nee Mower)   It was the morning of the 27th of March 1985. Me a 14 year old girl, with hopes, dreams feeling so alive. The day was as any school day would be to me and you. Home time quarter to two   Busses waiting outside the main gate...

30 jaar herdenking van die Westdene Busramp

Die voorlopige datum vir die 30 jaar herdenking van die Westdene Busramp is 28 Maart 2015 om 09h00. The provisional date for the 30 year commemoration of the Westdene Bus Disaster is 28 March 2015 at 09h00. RSVP: Elize Venter 082 434 2989 ...

Vir die wat agter gelaat is

Vir die wat agter gelaat is

Betsie, ons het nie woorde om te beskryf hoeveel hartseer daai dag gebring het, en die impak wat dit gehad het op ons lewens nie – Pappa, Mamma, Chris, Marinda & Susan. Ek en Chris vind berusting vandag in die feit om te weet dat vandag is jy saam met Mamma, Pappa...

Stillewe

deur Andries Bezuidenhout, ter nagedagtenis, 27 Maart 1985   Stillewe Sluk elke buurt só swaar aan roem wat wrang verteer wanneer fotograwe hul lense elders wend, wanneer joernaliste vingers lek om notaboeke om te blaai, as naasbestaandes rame oopmaak vir plek om...

What happened to William Horne?

What happened to William Horne?

There are many conflicting reports of what happened to William (Willem Philip) Horne after the accident. The most recent information available, although this has not been verified as true, is that an article about him was published in the Sondag newspaper in 2008. The...

As jou siel skeur

As jou siel skeur

deur Trix Tromp, vir Connie van der Westhuizen 29 Jaar gelede op 27 Maart om en by half 3 die middag; was ek 'n 1ste jaar verpleegster by JG Strijdom hospitaal. Ek was net reg om agter die gordyne in te glip om 'n verband te vervang in saal 21. 'N ander student het...

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

As oorlewende van die Westdene Busramp, was dit vir my, op die stadium van my lewe, n groot eer om deur Hennie genader te word om die Stadsraad te assisteer om mense in kennis te stel en reelings te tref vir die dag. Dit was amper n “ietsie” wat mens kon teruggee, n...

Onthou

Onthou

Hierdie gedig is geskryf deur Eurika (de Koker) du Plessis. Eurika is deur haar broer, Theo de Koker, van verdrinking gered. Theo het die Wolraad Woltemade toekenning ontvang as erkenning van sy heldedaad. Onthou Hoe beskryf ek die pyn, wat nooit uit my hart verdwyn,...

Translate »