Westdene busramp, 25 jaar later

by | Mar 27, 2010 | Blog, Media Reports | 0 comments

Mei se koue bekruip die buurt –
Kil hierdie jaar reeds in April,
die dam se water ysig stil.
Motorwrakke, huise bak bleek in die oggend
Sonder die klank van skoolkinders of honde

Net soms nog dra name ‘n eggo
Wat jy selde van naby kan hoor.
Westdene dam, Westdene bus.
Westdene bus, Westdene dam.

Dit was 27 Maart 1985, toe selfs geharde polisiemanne en joernaliste langs rye en rye toegegooide lykies gestaan en huil het. Hulle lewelose hande en voete – nog met skoolskoene aan het onder grys komberse uitgesteek.

Altesaam 42 hoërskoolleerlinge van Vorentoe Hoërskool het omstreeks 13:00 die middag op 27 Maart 1985, 25 jaar gelede, ‘n waterdood gesterf toe die dubbeldekkerbus wat hulle ná skool huis toe vervoer het, deur die sypaadjie gebars en in die Westdene-dam weggesink het. Tot vandag toe kan ooggetuies van die tragiese gebeure nie besluit wat erger was nie. Die gille van die kinders in die bus of die stilte wat daarop gevolg het nie. Of die wanhoopskrete van die ouers wat later soos ‘n refrein langs die dam opgeklink het nie.

Honderde omstanders het met afgryse toegekyk. Toebroodjies en kougom was nog in van die kinders se monde. Dit was egter ook ‘n dag van heldedade

Dit verbaas haar nie dat haar seun gesterf het terwyl hy besig was om ander mense te help nie. So sê mev. Marie Koen. Haar seun, die 17-jarige Pieter Koen het gesterf terwyl hy probeer het om van skoolmaats uit die Westdene-dam te red oomblikke nadat hy self uit die dam gered is. Een van die eerstes wat hy na veiligheid gebring het, was sy niggie, Karin Theron. Pieter het op die noodlottige dag vyf kinders van ‘n gewisse waterdood gered en nog ‘n sesde keer in die water geduik. Hy het egter nie weer lewend na die oppervlak gekom nie. Pieter is na sy dood met die Wolraad Woltemade-toekenning vir dapperheid vereer.

Danie Theron, nog ‘n leerling, het ook ‘n Wolraad Woltemade-toekenning ontvang. Hy het drie kinders gered en self ook die ramp oorleef. Hy het egter sowat vier jaar later selfmoord gepleeg.

In die Westdene begraafplaas in Johannesburg lê 36 van die slagoffertjies se grafte in twee rye. Op ene Rita se graf dié inskripsie

“Geen laaste woord, geen laaste groet, in die hemel sal ons weer ontmoet.”

Solidariteit Radio het verlede week in Dirk op Donderdag by ‘n paar mense uitgevind wat hulle nog van die dag onthou. Luister hier na hulle treffende verhale.

  • Melinda Janse van Rensburg het haar beste vriendin in die tragedie verloor
  • Adrie Smit se suster het in die ramp omgekom
  • Neels Els het langs sy broer in die bus gesit toe dit die water getref het. Hy het oorleef, sy broer nie.
  • Des van der Merwe sou op die bus gewees het, maar het dit verpas.

SourceWestdene busramp, 25 jaar later, Moira Kloppers, Solidariteit

The original article can be read here. We often make copies of original content and host it here as the original web pages are often taken down after a few months or years, and the content is then lost. 

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Boodskap van Lucas C Viljoen, voormalige Hoof, Vorentoe Hoërskool, Apr 1987 tot Des 2004 Welaan Vriende, Op Saterdag 28 Maart word die 30e huldigingsdiens gehou vir die 42 kinders wat in die ramp omgekom het. Ek het eers 2 jaar na die ramp by Vorentoe begin.  Die...

‘n Kosbare Kosmosdag

‘n Kosbare Kosmosdag

Deur Brenda Van Dyk Vorentoe. Hierdie mooi woord met soveel verskillende betekenisse rol soms moeiteloos en maklik, en met mooiste mooi herinneringe oor ons tonge, maar dit hak ook soms soos onwelkome knapsekêrels vas aan ons almal hier teenwoordig se gedagtes....

Poem – The Westdene Bus Disaster 1985

By Jenny Santiago (nee Mower)   It was the morning of the 27th of March 1985. Me a 14 year old girl, with hopes, dreams feeling so alive. The day was as any school day would be to me and you. Home time quarter to two   Busses waiting outside the main gate...

Vir die wat agter gelaat is

Vir die wat agter gelaat is

Betsie, ons het nie woorde om te beskryf hoeveel hartseer daai dag gebring het, en die impak wat dit gehad het op ons lewens nie – Pappa, Mamma, Chris, Marinda & Susan. Ek en Chris vind berusting vandag in die feit om te weet dat vandag is jy saam met Mamma, Pappa...

Stillewe

deur Andries Bezuidenhout, ter nagedagtenis, 27 Maart 1985   Stillewe Sluk elke buurt só swaar aan roem wat wrang verteer wanneer fotograwe hul lense elders wend, wanneer joernaliste vingers lek om notaboeke om te blaai, as naasbestaandes rame oopmaak vir plek om...

What happened to William Horne?

What happened to William Horne?

There are many conflicting reports of what happened to William (Willem Philip) Horne after the accident. The most recent information available, although this has not been verified as true, is that an article about him was published in the Sondag newspaper in 2008. The...

As jou siel skeur

As jou siel skeur

deur Trix Tromp, vir Connie van der Westhuizen 29 Jaar gelede op 27 Maart om en by half 3 die middag; was ek 'n 1ste jaar verpleegster by JG Strijdom hospitaal. Ek was net reg om agter die gordyne in te glip om 'n verband te vervang in saal 21. 'N ander student het...

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

Kranslegging 16 Junie 2013 – Westdene Dam

As oorlewende van die Westdene Busramp, was dit vir my, op die stadium van my lewe, n groot eer om deur Hennie genader te word om die Stadsraad te assisteer om mense in kennis te stel en reelings te tref vir die dag. Dit was amper n “ietsie” wat mens kon teruggee, n...

Translate »