Westdene Kranslegging

by | Jun 4, 2013 | Blog | 3 comments

Kranslegging Seremonie

‘n Kranslegging word beplan vir Jeugdag, 16 Junie 2013, om die slagoffers van die Westdene busramp van 1985 te herdenk. Ons moedig almal aan wat deur die ramp geraak is om die seremonie by te woon en die 42 kinders wat op 27 Maart 1985 hul lewens verloor het, te herdenk. Die verrigtinge word by die Westdene dam gehou en behoort binne ‘n uur afgehandel te wees. Die geleentheid sal deur die burgermeester en Mr. Ahmed Kathrada bygewoon word. Blomme sal voorsien word aan diegene wat aan die kranslegging wil deelneem en ‘n ligte ontbyt sal bedien word. Die program kan hier afgelaai word.

Wreath-laying ceremony

A wreath-laying ceremony is planned for Youth Day, 16 June 2013, to commemorate the victims of the the Westdene bus disaster of 1985 . We encourage everyone touched by the disaster to attend the ceremony to commemorate the 42 children who lost their lives on March 27, 1985. The proceedings will be held at the Westdene dam and should be concluded within an hour. A light breakfast will be served. The function will be attended by the executive mayor and Mr. Ahmed Kathrada. Flowers will be provided for those who would like to take part in the wreath-laying and a small breakfast will be provided. The programme can be downloaded here.

Photo courtesy e NCA

3 Comments

  1. François van Niekerk

    Ons het net tans van Bloemfontein af getrek na JHB toe. My pa het daar Ophthalmologie klaar gespesialiseer. Ek was toe in graad 2. Ons was oppad na ‘n atletiek byeenkoms. Nuut in JHB was alles nog vreemd. Die bus ramp nuus het die hele JHB geskud, dit kon my bus gewees het wat in die dam in gery het. My ma se rooi gehuilde oë was ‘n bewys hiervan aangesien sy gedink het dit was my bus. Ek het 6 jaar later by Höerskool Vorentoe st. 6 begin. My hart en gedagtes gaan uit na vriende en familie, wat geliefdes verloor het.

    Reply
  2. Elize Venter

    Dankie Hennie.

    Reply
    • Hennie Botha

      Plesier!

      Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

“Twee-en-Veertig Kamerade” deur J.J. Heard

Twee-En-Veertig Kamerade Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer. Blombedekte graffies ry aan ry,Twee-en-veertig kameraadjies sy aan SY.Nog een oomblik gevul met lewensvreug.(dit is tog die erfdeel van die jeug) 'n Oomblik later deur troebel water...

“Die Busramp” deur Christine Herterich

Die Busramp Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer. Die klokkie lui by die Skool VorentoeDie kinders hardloop na die bushalte toeDaar word gelag en gesels, die vakansie is hierDie kinders so vrolik, die tyd vir plesier Die bus trek weg, dis huis...

Chantal Parkin interview with City News, Joburg Today

Today, 33 years ago, 42 children lost their lives after a school bus swerved into the Westdene Dam. Chantal Parkin, one of the Westdene Bus Disaster survivor’s, joins City News in the studio to talk about this day.

Huldeblyk aan die Westdene Busramp

Deur H H Thiart Die eerste kwartaal is reeds verby, nou gaan ons weer ‘n blaaskans kry. Al die kinders is opgewek dis op almal se lippe, in elke gesprek. Volgende week sal die skole sluit, van skoolwerk dan geen duit.   Woensdag, sewe-en-twintig Maart afgemerk op...

Elmien Wood (nee Bellingan) onthou

Boodskap van Elmien Wood (nee Bellingan). Elmien se broer Anton Bellingan het die bus ramp oorleef. 30 jaar voel soos ‘n  druppel in die emmer. Wie sou kon dink dat op daardie Woensdag in 1985 so baie mense se lewens vir altyd verander sou word. "Totsiens sien...

Ons sien jou in die aandstons

Ons sien jou in die aandstons

Deur Chantal Steyn (nee Viljoen) aan haar vriendin Adriana Horn Om te dink dit is al so lank gelede En jy is nog steeds in ons gebede Die mooiste glimlag wat daar was Is alles nog in ons geheue vas Vir Chantal was dit haar beste vriendin Om hul te skei was baie min By...

In Herdenking aan my Suster

In Herdenking aan my Suster

Maritza van Niekerk aan: Adré Kleinhans 10.03.1968 – 27.03.1985 Van My Aan Jou Ek was maar 3 jaar oud en jy pas 17, net 17 dae voor die vreeslike dag. Jou hele lewe wat voorle soos 'n leë dagboek wat jy elke dag in skryf. Jy het my lief gehad soos 'n ma en het alles...