I would like to thank Leonie Klootwyk, Librarian for Beeld, Rapport, City Press, and Daily Sun, for providing higher quality photos of the children who died in the Westdene Bus Disaster. While we now have better quality photos, there are still some that are too small or low resolution. If you are a friend or family member of one of the children and have higher quality photos available, we would greatly appreciate it if you could share them with us. You can send photos to .

Keep in mind that in years to come relatives of these children will want to know what happened to the brother, sister, uncle or niece they never knew and this site will give them some appreciation of what happened on that day. Many years after the disaster, they may have no easy access to photos if they gather dust in an album somewhere.

Photos of some of the graves can be viewed here courtesy of The Genealogical Society of South Africa, and should this link go down, you can also find the photos here.

A list of the victims and their grades

The victims and their grades

6 Comments

  1. Marcelle Wilsnach

    Hi almal,

    Ek is opsoek na ouens wat uitgekom het wat bereid sal wees om saam te gaan na HS Driehoek. Niemand verstaan beter as ons wat uitgekom het en dit beleef het nie, wat daai skool en gemeenskap deurgaan nie. Dit gaan nie ‘n mediasirkus wees nie, ons gaan soontoe meer om te luister en te se dat dinge met tyd beter sal raak. Ons is die toekoms wat nou eers vir hulle begin…

    Mense kan my kontak by .

    Reply
  2. Nick Posthumus

    Halo daar almal

    Ek het n niggie verloor wat in die ramp oorlede is, haar naam is Anna Morris sy was in standard sewe, was daar enige maats wat haar geken het, sy was familie van my ouma Corrie Morris, Groete Nick Posthumus

    Reply
  3. Ettiene du Plessis

    Ek sien julle soek iemand wat na die Beeld toe kan gaan en beter fotos neem. Is bereid om dit te doen. Ons gaan ook die grafte refirbish, ons sponsor ‘n groot gedeelte daarvan. Kom in kontak met my. Ek het ook fotos nodig van die oorspronklike grafstene.

    Reply
  4. Renier ( Stoney )

    Hierdie Dag sal ons Vories nooit vergeet. Die nuus was verpletterend, het ons tot stilstand geruk met die hoor van die nuus. Om te weet jy het die kinders geken, net die jaar vantevore Matriek geskryf. Die skool nog vars in jou geheue. Dit was n stryd om oor die damwal te ry na die ramp, koue rillings gekry. Die dag van die massa begrafnis was hartverskeurend om al die wit kiste in ‘n ry te sien met emosies wat jy nie kan beheer.
    Die pyn en hartseer word met tyd beter vir die wat kinders afgestaan het in die ramp maar die leemte sal altyd daar wees.

    Ek wil graag die boodskap los. Ons kan niks aan die verlede doen of verander maar ons kan iets aan more die toekoms doen. Kom ons probeer om na n toekoms te streef deur elke dag volheid te leef elke dag se geleenthede aan te gryp.

    Reply
  5. Trudi

    Ek was in 1984 in Matriek. My pa het die technikon gebel waar ek klas gegaan het en gese ek moet so gou moontlik huistoe kom. Dit was maatjies – ek het net nie die nuwe st6 kindertjies geken nie – maar die res van ons was saam op skool. Ek onthou hoe een van my klasmaats van 84 rondgehardloop en skree het en vra of iemand sy sussie gesien het. Sy is oorlede. Ek wil nie name noem nie – want dit maak alles te persoonlik en seerder. Dit voel soos gister.Ek ken al die gesiggies en soms kom hulle net in my gedagtes op – sommer vir geen rede nie – dan sien ek hulle weer in my geestesoog. Dis asof die gesiggies in my geheue vasgebrand is. Hulle sal nooit vergeet word nie.

    Reply
  6. Christina van Rensburg

    Julle sal vir altyd in ons harte en gedagtes bly. Miss elke dag my maaiki wat dood is en ek weet eendag in die HEMEL sien ons mekaar weer. Ek wonder soms hoe julle sou gelyk het en watter beroep julle sou gevolg het en dan le die trane weer vlak in my oe want soms raak die verlange net te veel.

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *