Note from the webmaster:
The information below represents everything we know about the driver, William Philip Horne. I will not be approving any comments that are potentially inflammatory or political in nature as that will not serve the purpose of this website.
———–
Deur Johan Botha
Rapport 31 Maart 1985
WILLIAM HORNE, bestuurder van die bus waarin 42 skoolkinders vandeesweek verdrink het, kan nie wag om uit sy hospitaalbed op te staan nie.
“Ek wil die hand vashou van elke kind wat dié ontsettende ding oorleef het en die Vader bedank dat hy hul lewe gespaar het.”
Dit was dié week die woorde Van mnr. Horne, 41, ‘n pa van vyf kinders tussen 10 en 18 jaar, aan sy vrou, Mary, 45. Mev. Horne het intussen self van die beseerde kinders in die J.G. Strijdom Hospitaal besoek en hul namens haar man moed ingepraat.
Mr. Horne. wat ook in dié hospitaal behandel word, is nog te swak om op te staan. “Dankie, Mary, nou weet hulle darem ek dink aan hulle,” het hy aan sy vrou gesê toe dié hom besoek.
“William onthou bitter min van die ongeluk,” vertel mev. Horne. “Dis seker maar nog die skok – dit wil al vir my voorkom asof hy doelbewus nie oor die ongeluk wil praat nie.”
Mev. Home sê ‘n hele paar van die ouers het al by die hospitaal na haar gekom en gesê hulle blameer nie haar man vir die ongeluk nie. “’n Mev. Steenkamp het nou die dag na my toe gekom en my vasgegryp en toe gesê: Mevrou, jou man was ‘n knap bestuurder. Ek het al talle kere in die bus gery wat hy besluur het – hy was ‘n baie bedagsame mens.”
Mnr. Horne het sowat ‘n week gelede aan sy vrou gesê hy is dankbaar dat hy nog nie in sulke ernstige padongelukke was soos wat hy daagliks in Johannesburg sien nie. “Ek kan dit net nie glo dat hy nou in so iets betrokke was nie.” sê mev. Horne.
Volgens mev. Home was haar man Woensdagoggend baie opgeruimd. Hy het pas die vorige dag ‘n motor gekoop. “Die oggend het hy saam met my tot by die bushalte gestap en die busbestuurder gevra of hy so ‘n entjie saam kon ry,” vertel mev. Horne. Ek het in sy plesier gedeel – hy was so opgewonde oor die rooi motor wat nou syne is.”
Mev. Horne sê haar man het dikwels oor die skoolkinders gepraat wat hy daagliks vervoer het. “Die kinders het baie goed met hom oor die weg gekom. Een van sy kollegas het een keer vir hom gesê hy is te sag met die kinders – hy bederf hulle. Want jy weet tog maar hoe kinders is. Hulle is maar woelig en smiddae te bly om uit die skool te kom.” sê sy.
Omstreeks sesuur Woensdagmiddag het mev. Horne gehoor haar man was in die busongeluk. “Twee businspekteurs was hier by die huis toe ek van die werk af kom.
“Die een het gesê hulle wil my nou nie ontstel nie, maar ‘n vreeslike ding het gebeur. Toe vertel hulle my van William. Hulle het aangebied om my hospitaal toe te bring. William was so swak.” Een van die businspekteurs het dié aand aan mev. Horne gesê hy kan nie glo haar man was in dié ongeluk nie. “Volgens hom was William een van die beste busbestuurders wat die munisipaliteit het,” sê sy. Mnr. Horne werk die algelope vier jaar as busbestuurder in Johannesburg. Voorheen het die Horne gesin op Worcester gewoon, waar mnr. Horne ook busbestuurder was.
Toe RAPPORT vandeesweek mev. Horne by haar huis in Eldoradopark besoek, het ‘n groepie vroue ook daar opgedaag. “Ons het gekom om vir u man te bid,” het een gesê. Hulle was lede lede van die Hornes se Kerk, die Anglikaanse gemeente van Eldoradopark.
Die egpaar se vyf kinders is Trevor, 18, Desiree, 16, Wilfred, 15, Winifred, 12, en Francis, 10.
What happened to William Horne?
There are many conflicting reports of what happened to William (Willem Philip) Horne after the accident. The most recent information available, although this has not been verified as true, is that an article about him was published in the Sondag newspaper in 2008. The article states that Willem Philip Horne was (at the time) an Independent Democrat (ID) councillor near Worcester in the Western Cape.
Something which seems to give this article some credibility is the fact that a notice was published on the ID’s website on Monday 21 June 2010 that “Oom” Philip Horne (perhaps using his middle name to remain anonymous), a founder member and councillor of the ID in the Bree Rivier Municipality had passed away the previous Friday morning (18 June 2010) after a long battle with cancer. The notice can be read here. A PDF version is also available (the original notice has since been removed).
If someone is able to verify that the Sondag article shown here is genuine (a publication date would also be welcome) please let me know.
This article about Willem Horne is said to have been published in the Sondag newspaper in 2008
Clearly the 2 photos of William Horne above is not of the same man.
I guess it is a subjecive thing. To me they look identical if you account for age.