Die Busramp
Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer.
Die klokkie lui by die Skool Vorentoe
Die kinders hardloop na die bushalte toe
Daar word gelag en gesels, die vakansie is hier
Die kinders so vrolik, die tyd vir plesier
Die bus trek weg, dis huis toe gaan tyd
Daar word grappies vertel, van eksamen tyd
Met eens was daar ‘n harde geklap
Die bus ruk vorentoe en verlaat die pad
Die geskreeu en gehuil was vêr gehoor
En die drywer begin sy beheer te verloor
Almal vas en die dam lê voor
Alles was stil soos ‘n sterwende koor
Waar was God, vra die mens, hoe kon dit gebeur?
Vra Moeders en Vaders met harte geskeur
Hoe kan die Here van ons verwag
Om hom nog te aanbid, hy ontneem ons krag
Hoe verkeerd is die mens om dinge te sê
Waar ons Bybel so duidelik Satan se planne uitlê
Sy tyd is om hy is vasgekeer
Die mens draai na God toe, HY regeer nie meer
Twee duisend jaar is amper verby
Satan het nog altyd sy sin gekry
Sy enigste wapen wat hy nog kan gebruik
Is om mense te laat twyfel hoe duur ook die prys
Daar was hartseer en smart die begrafnis was groot
Hoe kort was hul lewens hoe vinnig die dood
Is dit die manier hoe God ons vergoed?
Om ons harte te skeur met trane van bloed
Almal moet luister en dink goed na
Die gebeurtenis van gister los geweldige vrae
God sal nooit so iets aanvaar
En vir die gruwel daad sal Satan betaal
Bly voort by die Heer, Skool Vorentoe
Julle maatjies is weg en jul vra maar hoe?
Kon so iets gebeur, dit maak so seer
Bly trou aan God wat ook al gebeur
Satan staan op die punt van sy berg
Hy is besig om vir sy lewe te veg
Ons as mens het hom so ver gedryf
Hy het sy speeltyd op aarde verblyf
Nog net ‘n paar jaar jul sal almal sien
Dat die mens wat God aanhoudend dien
Hul kinders en maatjies weer sal ontmoet
Dis Satan se einde, God sal vergoed.
Christine Herterich
0 Comments