Boodskap van Elmien Wood (nee Bellingan). Elmien se broer Anton Bellingan het die bus ramp oorleef.
30 jaar voel soos ‘n druppel in die emmer. Wie sou kon dink dat op daardie Woensdag in 1985 so baie mense se lewens vir altyd verander sou word. “Totsiens sien jou vanmiddag” is seker in baie huise gehoor maar die weersiens was nooit daar nie.
Ek was besig om netbal te oefen by laerskool Triomf toe iemand kom vra of Anton by die huis is want daar is ‘n bus in die dam. My eerste reaksie was natuurlik, maar hy was nie. Om op die dam wal te staan en probeer uitvind wat aangaan was ‘n nagmerie. “Hoe vind mens uit waar jou familie lid is”, was op baie se lippe. Na 5 die middag het my pa vir ons kom sê dat Anton gekry is, maar dat hy baie siek is en ons moet dadelik hospital toe kom. Dit was soos ‘n fliek wat afgespeel het toe ons daar was.
Daardie dag is 3 gesinne in ons straat deur die tragedie aangeraak. Party moes met die dood worstel van ‘n kind en anders soos ons moes sien hoe daar geveg word om lewe.
Ons sal julle nooit vergeet nie, Maar met die jare kom daar tog ‘n aanvaarding en die wete dat ons mekaar weer eendag sal sien.
Sterkte aan al die families wat deur die tragedie geraak is. Ons bid vir julle.
Ons sal nooit daai dag vergeet nie. Ons harte is nogsteed so seer, 38 jaar na die tragedie. My gebede is met die families en gemeenskap.