Deur Chantal Steyn (nee Viljoen) aan haar vriendin Adriana Horn
Om te dink dit is al so lank gelede
En jy is nog steeds in ons gebede
Die mooiste glimlag wat daar was
Is alles nog in ons geheue vas
Vir Chantal was dit haar beste vriendin
Om hul te skei was baie min
By die skool en naweke was hulle atyd saam
En het altyd planne beraam
En toe op daardie treurige dag
Weg is die pratery en tesamende lag
Alles was stil en strane vloei
Wonder hoekom en waarom begin in jou gedagtes groei
Die stilte is daar maar nie vergete
Ons almal wonder net wat is die rede
Hoekom moes alles gebeur
Hoe werk ‘n mens daardeur
Nou jare later en die wonde is nog daar
In die verte sal ons nog altyd staar
Adriana jy word deur almal gemis
Ons weet met jy kan vir altyd rus
Jy is nog altyd in ons hart
Vergete is al die lyding en smart
Almal weet jy is nou in ‘n beter plek
Eendag sal ons almal deerheen trek
Hou vir ons ‘n plekkie oop by jou
Ons sal dan almal ons arms om jou vou
Weet net jy is altyd hier by ons
En ons sien jou in die aandstons
Van Eugene Viljoen
Baie baie dankie vir die mooi woorde, dit word ongelooflik baie waardeer. Dankie.
Ons dink elke jaar aan haar, sprankelende mens! Die beste niggie wat ek ooit voor kon vra!
Ek is regtig bly julle hou daarvan. Was ‘n eer om die gedig te skryf
Dit is amazing wat mense kan doen met woorde. Oom Eugene dis sooooo mooi…
Net jammer ek het nooit Adriana ontmoet nie. wel dit sou tannie Adriana wees. Maar nou ja niemand weet hoekom nie…
Eks so LIEF vir jou mamma CHANTAL STEYN (Viljoen) jy is my HERO !!!!
Ek is bly jy hou daarvan
Ek se vir jou dankie vir daai woorde chantal ek miss daai antie van my darem baie