Betsie, ons het nie woorde om te beskryf hoeveel hartseer daai dag gebring het, en die impak wat dit gehad het op ons lewens nie – Pappa, Mamma, Chris, Marinda & Susan.
Ek en Chris vind berusting vandag in die feit om te weet dat vandag is jy saam met Mamma, Pappa en San.
Vir die wat agter gelaat is
Ek weet jy wonder soms hoekom dinge moet gebeur
En ek weet jy’t baie vrae en jou hart is baie seer
Ek weet my plek is leeg langs jou, ek sal altyd by jou wees
As jy na my verlang, onthou, ek is by jou in die gees
My tyd op aarde is verby
My lewe is afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet
Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou
Ek sien jou trane elke dag, ek wens ek kon dit afdroog
Ek wil nie hê jy moet huil nie want kyk, ek is daar in die reënboog
Hier sal ek altyd wag vir jou, hier in ons hemelhuis
Ek hoop jy volg die regte pad, tot hier by die kruis
My tyd op aarde is verby
My lewe is afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet
Hierdie gedig is na die ramp aan Marinda Visser, suster van Elizabeth (Betsie) Pretorius, gestuur deur ‘n onbekende persoon.
Hierdie gedig word deur Juanita du Plessis gesing
Dis reg ja… wonder wie die digter was… kry niks op Google nie.
Renier, Ek is nie seker of jy een van die oorlewendes was en of jy iemand geken het nie. Een van die slagoffers het oorkant ons gebly, ek het nog fotos waar ons almal in die modder speel. Ek kan nie onthou wie oorlede is nie maar ons het die boeties as Neelsie en Kobie geken. Weet nie of jy hulle dalk geken het nie. Dankie