Oorlewende nog spyt dat hy niks kon doen

by | Mar 23, 2005 | Media Reports | 1 comment

Beeld

Wie weet wat mnr. Andrew Smith (35) se lot sou gewees het as hy op 27 Maart 1985 nie ná skool ‘n onbeplande rugby-oefening moes bywoon nie? “Ons was besig met die oefening toe ons hoor van die ongeluk. Dié van ons wat in die bus sou gewees het, het almal af dam toe gehardloop. Toe ons daar kom, was die gebied al afgesper,” vertel hy. “Ons het van ‘n afstand staan en kyk hoe die duikers die liggame uitbring en die polisie dit in die pad op komberse neerlê.” Ná al die jare is hy steeds spyt dat hy nie dáár was om sy skoolmaats te help nie. “Die groot ding vir my was nie hoe gelukkig ek was om te leef nie, maar dat ek hulpeloos moes staan en niks kon doen nie.” Hy was toe in gr. 9.

Tot die dag van die ongeluk was die Westdene-dam die plek waar Smith en sy vriende vis gevang en gespeel het. “My ouma-hulle het twee strate van die dam gewoon. “Kleintyd het ons soms sommer langs die dam geslaap.” Sy belewenis van die dam sou op 27 Maart 1985 vir altyd verander. “Ons het toe al in Discovery (aan die Wes-Rand) gewoon en ek het elke middag by ‘n maat se huis in Triomf gewag totdat my ma uit die werk kom. “My ma het nie geweet van die rugby-oefening nie en was vas oortuig ek was in die rampbus toe sy my nie by die maat se huis kon opspoor nie.” Smith en sy ou skoolmaats het ná die ramp jare lank steeds hegte vriende gebly. “Ek dink daai dag het gemaak dat ons so na aan mekaar gebly het.

“Verlede week is een van my beste vriende begrawe. Net 35 jaar oud; dood aan ‘n hartaanval. Met die begrafnis was ons hele klomp van Vories weer saam. Van die ouers wat daar was, het weer stil om die grafte van die busslagoffers gestaan. “Dit het amper gevoel soos ‘n reunie, so kort voor die herdenking van die ramp.”

1 Comment

  1. Louis Esterhuizen

    Who were the recipients of the Wolraad Woltemade medals please

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

“Twee-en-Veertig Kamerade” deur J.J. Heard

Twee-En-Veertig Kamerade Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer. Blombedekte graffies ry aan ry,Twee-en-veertig kameraadjies sy aan SY.Nog een oomblik gevul met lewensvreug.(dit is tog die erfdeel van die jeug) 'n Oomblik later deur troebel water...

“Die Busramp” deur Christine Herterich

Die Busramp Hierdie gedig is in die 1985 Vorentoe jaarboek gepubliseer. Die klokkie lui by die Skool VorentoeDie kinders hardloop na die bushalte toeDaar word gelag en gesels, die vakansie is hierDie kinders so vrolik, die tyd vir plesier Die bus trek weg, dis huis...

Chantal Parkin interview with City News, Joburg Today

Today, 33 years ago, 42 children lost their lives after a school bus swerved into the Westdene Dam. Chantal Parkin, one of the Westdene Bus Disaster survivor’s, joins City News in the studio to talk about this day.

Huldeblyk aan die Westdene Busramp

Deur H H Thiart Die eerste kwartaal is reeds verby, nou gaan ons weer ‘n blaaskans kry. Al die kinders is opgewek dis op almal se lippe, in elke gesprek. Volgende week sal die skole sluit, van skoolwerk dan geen duit.   Woensdag, sewe-en-twintig Maart afgemerk op...

Elmien Wood (nee Bellingan) onthou

Boodskap van Elmien Wood (nee Bellingan). Elmien se broer Anton Bellingan het die bus ramp oorleef. 30 jaar voel soos ‘n  druppel in die emmer. Wie sou kon dink dat op daardie Woensdag in 1985 so baie mense se lewens vir altyd verander sou word. "Totsiens sien...

Ons sien jou in die aandstons

Ons sien jou in die aandstons

Deur Chantal Steyn (nee Viljoen) aan haar vriendin Adriana Horn Om te dink dit is al so lank gelede En jy is nog steeds in ons gebede Die mooiste glimlag wat daar was Is alles nog in ons geheue vas Vir Chantal was dit haar beste vriendin Om hul te skei was baie min By...

In Herdenking aan my Suster

In Herdenking aan my Suster

Maritza van Niekerk aan: Adré Kleinhans 10.03.1968 – 27.03.1985 Van My Aan Jou Ek was maar 3 jaar oud en jy pas 17, net 17 dae voor die vreeslike dag. Jou hele lewe wat voorle soos 'n leë dagboek wat jy elke dag in skryf. Jy het my lief gehad soos 'n ma en het alles...