Westdene-bus: ‘Rassis’ sê ’skuus

by | Mar 14, 2013 | Blog, Media Reports | 0 comments

Beeld

’n Man wat op Facebook rassistiese opmerkings oor die Westdene-busramp gemaak het, het gister blomme op die grafte van die slagoffers gesit. “Ek is werklik jammer oor wat ek gesê het,” het Zama Khumalo (24) in die Wespark-begraafplaas in Johannesburg aan Elize Venter (43), een van die ramp se oorlewendes, gesê.

’n Munisipale dubbeldekkerbus vol leerlinge van die Hoërskool Vorentoe in Johannesburg het op 27 Maart 1985 oor die wal van die Westdene-dam gery en in die water beland. 42 kinders het gesterf.

Op 24 Januarie vanjaar het Khumalo rassistiese aanmerkings oor die ongeluk op sy Facebook-profiel geplaas. Hy het sy vriende genooi na ’n “groot swart braai om die ramp te vier”. Media24 het ’n klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien weens klagtes wat van die publiek ontvang is en omdat Khumalo op sosiale netwerke aangedui het hy werk by Daily Sun, ’n Media24-koerant, al was dit nie meer so nie. Die MRK het per ooreenkoms beveel dat Khumalo ’n openbare verskoning aan die publiek en Media24 rig en dat hy die slagoffers se grafte moet skoonmaak.

Gister het Venter saam met Khumalo tussen die grafte deurgeloop en hom vertel wat daardie dag gebeur het. Volgens Venter het sy nie kwade gevoelens teenoor Khumalo nie. “Hy is jonk en moet nog baie in sy lewe deurmaak. Mense verstaan gewoonlik net as hulle of hul familie self deur so iets is.” Venter wat 14 was toe die ongeluk gebeur het.

“Dit was soos ’n slegte droom, maar mens leer om dit te aanvaar.” Khumalo hoop Venter en familielede van die slagoffers kan hom vergewe. “Ek is werklik spyt oor wat ek gedoen het en verstaan dat diskriminasie onder alle omstandighede verkeerd is. Ek het dit op die harde manier geleer.”

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Chantal Parkin interview with City News, Joburg Today

Today, 33 years ago, 42 children lost their lives after a school bus swerved into the Westdene Dam. Chantal Parkin, one of the Westdene Bus Disaster survivor’s, joins City News in the studio to talk about this day.

Huldeblyk aan die Westdene Busramp

Deur H H Thiart Die eerste kwartaal is reeds verby, nou gaan ons weer ‘n blaaskans kry. Al die kinders is opgewek dis op almal se lippe, in elke gesprek. Volgende week sal die skole sluit, van skoolwerk dan geen duit.   Woensdag, sewe-en-twintig Maart afgemerk op...

Elmien Wood (nee Bellingan) onthou

Boodskap van Elmien Wood (nee Bellingan). Elmien se broer Anton Bellingan het die bus ramp oorleef. 30 jaar voel soos ‘n  druppel in die emmer. Wie sou kon dink dat op daardie Woensdag in 1985 so baie mense se lewens vir altyd verander sou word. "Totsiens sien...

Ons sien jou in die aandstons

Ons sien jou in die aandstons

Deur Chantal Steyn (nee Viljoen) aan haar vriendin Adriana Horn Om te dink dit is al so lank gelede En jy is nog steeds in ons gebede Die mooiste glimlag wat daar was Is alles nog in ons geheue vas Vir Chantal was dit haar beste vriendin Om hul te skei was baie min By...

In Herdenking aan my Suster

In Herdenking aan my Suster

Maritza van Niekerk aan: Adré Kleinhans 10.03.1968 – 27.03.1985 Van My Aan Jou Ek was maar 3 jaar oud en jy pas 17, net 17 dae voor die vreeslike dag. Jou hele lewe wat voorle soos 'n leë dagboek wat jy elke dag in skryf. Jy het my lief gehad soos 'n ma en het alles...

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Paastyd – Hoërskool Vorentoe

Boodskap van Lucas C Viljoen, voormalige Hoof, Vorentoe Hoërskool, Apr 1987 tot Des 2004 Welaan Vriende, Op Saterdag 28 Maart word die 30e huldigingsdiens gehou vir die 42 kinders wat in die ramp omgekom het. Ek het eers 2 jaar na die ramp by Vorentoe begin.  Die...

‘n Kosbare Kosmosdag

‘n Kosbare Kosmosdag

Deur Brenda Van Dyk Vorentoe. Hierdie mooi woord met soveel verskillende betekenisse rol soms moeiteloos en maklik, en met mooiste mooi herinneringe oor ons tonge, maar dit hak ook soms soos onwelkome knapsekêrels vas aan ons almal hier teenwoordig se gedagtes....